News

Eye of Africa se verkope groei flink

30/08/2007

Johannesburg, 30 Augustus 2007 - Eye of Africa - Eye of Africa se mees resente verkoopsresultate toon duidelik dat daar steeds sterk belangstelling in bekroonde Australiese ontwikkelaar, Medallist, se eerste gholfontwikkeling in die suide van Johannesburg is.

In Junie 2006, het Eye of Africa die eerste 194 erwe in die ontwikkeling vrygestel gedurende n eksklusiewe geleentheid waarheen potensile kopers genooi is. Di Fase 1 erwe, geprys vanaf R415 000 to R1.2 miljoen, het binne n paar dae uitverkoop.

“As gevolg van die tipe navrae van voornemende kopers wat op ons webwerf vir Fase 2 geregistreer het, het ons besluit om ons verkoopstrategie n bietjie aan te pas,” s Brad Tindale, hoof operasionele bestuurder van Medallist Suid-Afrika.

Volgens Tindale, het hulle besluit om Fase 2 se erwe in fases vry te stel en om voornemende kopers eerder op verpersoonlike terreinbesoeke te neem, as om hulle almal saam na n tradisionele loodsing te nooi.

Elke persoon wat geregistreer het, is uitgenooi na so n persoonlike terreinbesoek waartydens hulle die hele terrein en die beskikbare erwe kon besigtig. Die 99 erwe wat in Junie 2007 vrygestel is, se pryse het gewissel vanaf R620 000 tot R1.395 miljoen. Al die erwe is binne slegs twee weke verkoop.

“Die sukses wat ons behaal het en die positiewe terugvoer wat ons ontvang het as gevolg van di persoonlike benadering het ons laat besluit om toekomstige vrystellings ook so te hanteer,” s Tindale.

Te midde van rentekoersverhogings en die nuwe nasionale kredietwet, is daar is verskeie redes waarom Eye of Africa steeds n aantreklike opsie bly. Volgens Tindale is die feit dat Eye of Africa een van die eerste golfontwikkelings in die suide van Johannesburg is beslis n rede vir sy populariteit. Verder speel die ongerepte omgewing, groot erwe, uitstekende ontspanningsgeriewe, die gholfbaan ontwerp deur Greg Norman en die prysreeks ook n rol in die voortdurende belangstelling in die ontwikkeling.

Vir meer inligting of om jou eksklusiewe uitnodiging na die volgende vrystelling te verseker, registreer op www.eyeofafrica.co.za of kontak Montagu Property Group op (011) 469-1330.

Eye of Africa agtergrond

Eye of Africa is Medallist se eerste private lewenstyl-golfontwikkeling in die suide van Johannesburg. Die ontwikkelaars is Medallist Developers n gesamentlike-onderneming tussen Greg Norman se Great White Shark Enterprises en Australi se vernaamste beleggingsbank, Macquarie Bank en plaaslike spelers, Pixley World Investments.

Eye of Africa omvat 667 hektaar grond en is n gerieflike 17km van Johannesburg se middestad gele. Wanneer die projek voltooi is, sal dit omtrent 1 200 voltitel erwe (Res 1) en 900 deeltitel eenhede (Res 3) huisves.

Eye of Africa sal spog met verskeie gesonde lewenstylgeriewe binne n veilige landgoedomgewing. Dit sal, onder andere, wandel- en fietsroetes insluit. Die gholfbaan, ontwerp deur Greg Norman Golf Course Design, sal minimale impak op die omgewing h deur die natuurlike terreinvorm in die baan te gebruik.

Tuistes sal n bepaalde karakter vertoon wat die terrein komplementeer. Die argitektoniese visie is om die natuurlike grondstowwe van die Hoveld met Europese en Afrika ontwerpe te versmelt n unieke styl wat as Afropean bekend staan.

Media navrae

Brenda Watson
Tel: (011) 706-6771
Cell: 082 575 2540